NETBibleTagger

Monday 30 November 2020

Woorde

Afrikaans tot Zulu
Sus en Daan en Koeloe
As jy nie verstaan
Vlieg dan na die maan
Dit is mos wat Ouma sê
Wanneer sy tog net wil hê
Kinders moet weer kinders wees
In plaas van TV, speel en lees.

Haar geslag is siek en sat
Van mense wat net woorde vat
Sê wat hulle nie bedoel
Al wat tel is: is dit cool
Wil jy weet wat woorde doen?
Plaas jou in die hoorder skoen
Woorde kan jou pamperlang
Maar is dit wat jy verlang?

In ‘n spreuk van Salomo
Vertel hy ons van woorde so:
Ek het meer behae
In ‘n vriend se slae
As soene van een wat verraai
Mooi broodjies bak maar jakkalsdraai
Die tong gee lewe of maak dood
Verdoem of red jou uit jou nood.